NewsUpdate

Opvolg: Fopnuus is “ongesond en siek”

Hoekom versprei mense fopnuus vir die waarheid?

Kliniese sielkundige, skrywer en motiveringspreker, dr. Henning Gericke, is van mening dat mense wat fopnuus opmaak en dit versprei, nie hul eie probleme in die gesig wil staar nie en dan stories opmaak om belangrik te probeer voel.

Dié vraag aan dr. Gericke volg nadat ’n vrou, Marthie van der Merwe, die afgelope twee weke ’n verhaal op Facebook versprei het oor ’n “Vrou langs die pad” en sommer ’n ou foto gesteel het vanaf www.mobserver.co.za se argiewe.

Haar storie het egter niks uit te waai gehad met die foto nie.

Mense het aangeneem die vals storie en die foto is verbind aanmekaar.

Wat ongelooflik is, is dat mense nie wil erken dat dit net ’n liegstorie is nie. “Dit bly ’n inspirerende storie,” word gekeer.

Daar word steeds geglo dat die verhaal van ’n vrou wat langs die pad gekry is en later in ’n motorwrak “verskyn”, die waarheid is.

Vrou steel foto vir fopnuus

Dr. Gericke sê persone wat hierdie tipe stories opmaak, leef in hul eie wêreld en is dit vir hulle ’n ontvlugting van hul eie realiteit.

“As jy so iets versprei maak dit jou skielik kragtig en is dit ’n grootheidswaan, dit maak jou belangriker as wat jy is.”

Hy sê hierdie mense het ’n swak selfbeeld en het probleme met onsekerheid en die hantering van konflik.

“Hulle leef in ontkenning en hulle glo selfs hulself as hulle die onwaarhede versprei. Hul eie probleme is só groot dat hulle nie die realiteit kan hanteer nie en is dit ’n manier om weg te kom daarvan.” Dr. Gericke sê dit is egter “ongesond en siek.”

Die afgelope week is dit ook vir die waarheid versprei dat Oscar Pistorius selfmoord gepleeg het en die Britse akteur, Rowan Atkinson, Mr Bean, in ’n motorongeluk gesterf het.

Die berig dat president Zuma R2 miljard aangebied is om die pad te vat is ook glo fopnuus.

Daar is vir die waarheid vertel dat Oscar Pistorius in sy tronksel selfmoord gepleeg het.

Lesers sal tereg nou vra: Wat moet ek nou glo? Wat is die waarheid en wat is net liegstories of soos dit sagkens gestel word, fopnuus.

•Dr Gericke was vir jare ’n inwoner op Middelburg, het al ’n boek gepubliseer, het verskeie Suid-Afrikaanse rekords in die middelafstande gehou, was by die Bokke betrokke toe hulle die Wêreldbeker gewen het en was tot onlangs by die Stormers betrokke.

Dr. Henning Gericke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button