News

Motorfiets en fietse vanoggend gesteel

Inbrekers het vanoggend in die vroeë oggendure ’n motorfiets en drie splinternuwe fietse gesteel.

Me. Hermien Gouws sê hulle is omstreeks 04:00 gewek met die geblaf van die hond.

Kort daarna is hulle na buite, waar hulle gemerk het dat die motorhuis oopstaan en dat die palissadehek ook oopgeskuif is.

Hulle het dadelik gesien dat haar seun, Thinus, se swart 750cc Suzuki GSXR Ruzzla motorfiets (registrasienommer FKR790) weg is. Met nadere ondersoek is gevind dat drie nuwe Raleigh fietse, wat hulle net verlede week gekoop het, ook skoonveld is.

Me. Gouws glo die booswigte is gepla, aangesien hulle gereedskap by die ingang van die motorhuis neergesit het, wat hulle waarskynlik kort daarna ook wou gaan haal.

As enige persoon die motorfiets dalk iewers opmerk, bel me. Gouws by 083 702 2226.

• Sowat ’n maand gelede is die Venters, wat oorkant hulle bly, se skaaphondjie, Lexi, vergiftig en hulle glo die boewe het die hond vergiftig om later in die omgewing in te breek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button