News

Prokureurs in die spervuur

Middelburg se prokureursgemeenskap is geskok met verskeie van hulle kollegas wat by onderduimshede betrokkke was.

•Een van hulle, Erhard Taljaard, moet nog gevonnis word nadat miljoene rande uit sy trustrekening verdwyn het. Hy is van die rol geskrap.

Prokereur weer in hof

Geskrap van rol moet nog in hof verskyn in verband met miljoene rande se trustgeld wat uit sy rekening verdwyn het: Erhard Taljaard.

•Louis Fourie van LJ Fourie Prokureurs word beskuldig dat hy ook lang vingers gehad het en sy trustrekening tot sy eie voordeel en tot skade van sy kliënte aangewend het. Hy is verlede week van die rol geskrap. Hy was vir meer as 40 jaar ’n prokureur.

Geskrap van rol: Ben van Lingen.

•Ben van Lingen word van erge wangedrag beskuldig, alhoewel die prokureursorde hom van die rol geskrap het weens statutêre nalatigheid. www.mobserver.co.zaondersoek opspraakwekkende klagtes teen hom.

•Leonie Nell is geskors terwyl daar ’n ondersoek is om haar finaal van die rol te skrap. Volgens die prokureursorde is dit weens wanaanwending van trustfondse alhoewel syself beweer dit is ook statutêr van aard.

Geskors: Leonie Nell.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button