News

Motordiefstal-sindikaat aan die woeker in omgewing

Twee dubbelkajuit bakkies wat in een week by twee verskillende motorhandelaars gesteel is, dui op ’n moontlike sindikaat, met ’n voorliefde vir die tipe voertuie, wat tans in die omgewing werksaam is.

’n Man het Maandagoggend by ’n motorhandelaar in Middelburg ingestap, ’n dubbelkajuit Toyota bakkie opgemaak, ingeklim en weggery.

Daar word vermoed dat hy moontlik ’n spaarsleutel laat maak het omdat beide sleutels nog by die motorhandelaar is. Die bakkie is steeds soek.

Donderdagmiddag het nog ’n Middelburgse sakeman deurgeloop toe daar ’n Ford Ranger dubbelkajuit by die eMalahleni tak van sy motorhandelaar gesteel is.

Die diefstal is voorafgeloop deur ’n man in ’n splinternuwe Mercedes wat by die handelaar gestop en gevra het om die badkamer te gebruik.

Hy het oppad terug ’n sleutel van ’n lessenaar af gevat en eers ’n rukkie op die vloer tussen die motors vertoef voordat hy gery het.

Die sleutel is oomblikke te vore deur ’n verkoopsverteenwoordiger wat iemand op ’n toetsrit geneem het, daar neergesit.

Lees verwante nuus hier:

Video: ‘Gone in 58 seconds’

Sowat 45 minute later het ’n ander man by die motorhandelaar ingestap, in die bakkie geklim en daarmee weggery.

Dit is egter nie die eerste keer wat die motorhandelaar onder diewe deurloop nie en daar word sedert ’n kaping verlede jaar, Cartrack sisteme in al die voertuie op die vloer gesit.

Die bakkie is net na 18:00 in Dennilton by ’n sinkhuis teruggevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button