News
Ure lange operasie om liggaam uit ou skag te kry
Lede van die polisie se Search and Rescue eenheid in Middelburg het Donderdag gaan help om ’n liggaam van ’n onwettige myner uit ’n ou mynskag in eMalahleni te gaan uithaal. Die onwettige myner het gesterf toe die skag waarin hy steenkool gemyn het, inmekaar gesak het. ’n Ander myner, wat die ongeluk gesien gebeur …

Lede van die polisie se Search and Rescue eenheid in Middelburg het Donderdag gaan help om ’n liggaam van ’n onwettige myner uit ’n ou mynskag in eMalahleni te gaan uithaal.

Die onwettige myner het gesterf toe die skag waarin hy steenkool gemyn het, inmekaar gesak het. ’n Ander myner, wat die ongeluk gesien gebeur het, het hulp ontbied.

Die operasie is in samewerking met Mine Rescue uitgevoer en is bemoeilik deur ’n swaar klip wat bo-op die liggaam gelê het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
