Die enigste diewe wat op die toneel gevang is, was ’n span donkies.
Provinsiale woordvoerder, brigadier Motlafela Mojapelo sê dat die polisie ’n nuwe model Mercedes C klas in die Limpopo rivierbedding ontdek het net voordat dit die bosse aan die Zimbabwiese kant van die rivier, verdwyn het.
Die spoggerige Mercedes motor is deur die sanderige Limoporivierbedding gesleep deur die donkies.
Die kar is deur ’n span donkies oor die droeë sandbedding getrek.
Brig. Mojapelo sê dat die beskuldigdes die bosse in gevlug het en dat die polisie se ondersoek voortduur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.