Is vrou verkrag? Wat maak sy in die nag?
’n Vrou wie se klere geskeur was en met stukkende plekke op haar lyf, het die naweek voor ’n bejaarde se kar ingespring.
Hy het haar opgelaai en huistoe geneem maar is “vergoed” met ’n vuishou in die gesig. Haar man het hom so erg aangerand dat hy steke aan sy lip moes kry.
Die samaritaan het ’n klag by die polisie gaan lê en het versoek dat sy naam nie bekend gemaak word nie.
Alhoewel radiogroepe uitgesaai het dat die vrou in die omgewing van die Pikkie Coezteestraatbrug in John Magagulastraat die laaste keer gesien is, het dit nou aan die lig gekom dat die bejaarde haar nie daar opgelaai het nie, maar in Samora Machelstraat. Sy het voor sy kar ingespring op die brug naby die graansilo’s, waar ’n vrou jare gelede verkrag is en waar skoolkinders ook gereeld beroof is.
Die vrou was besig om met haar man oor die selfoon te praat omstreeks 23:00 toe sy skelik uitroep: “Leave me alone! Help!” waarna haar selfoon doodgegaan het.
Sy is beroof van haar selfoon en trouringe.
Toe sy gehelp is het die vrou aanhoudend geprewel: “My kinders moet nie hiervan uitvind nie”.
Daar word nou druk bespiegel wat die vrou so laat in ’n stil straat gemaak het, wie was haar aanvaller en of sy verkrag is.
Dit is bekend dat sy wel hospitaal toe geneem is.
’n Polisie woordvoerder kon nie die voorval bevestig nie.
Lees ander nuus:
Update: Victor Mlotshwa takes to the stand to testify
Day 3 #Coffincase: Cross examination of Sithole completed
Update 11 – Day 3 #CoffinCase trial – as it happens
Update: Accused to call witness on satellite tracking of vehicles
