Nou het Middelburg al alles gesien!
’n Boerbok het Maandag in een van die dorp se besigste strate afgedraf en daar is naarstigtelik na inwoners gesoek wat die bok kon help vang.
Die bok het egter in Johan Magagulastraat verdwyn.
• ‘n Paar maande gelede het blesbokke, wat uitgekom het vanaf die Keerom plotte op die Loskopdampad in Walter Sisulustraat afgehol. Die bokke, met ‘n klomp mense en selfs die polisie agterna, het kort daarna verdwyn.
• Deur die jare is daar al luiperds, bobbejane, ape, vlakvarke, otters, muskeljaatkatte, ‘n tierboskat en selfs ‘n springbok op die dorp opgemerk.
Wanneer jy in die hoofstraat afry en jy sien ’n hoenderhen met kuikens naby die KFC wei, dan kan jy buitelanders nie kwalik neem dat hulle glo daar loop nog leeus in die dorp se strate rond nie.
