Franco Mostert se oomblik van bitter-soete vreugde
63 000 mense in rooi getooi gaan Saterdag bankvas agter die Lions wees op Emirates Airline Park in Johannesburg wanneer hulle die Crusaders pak in die Superreeks eindstryd.
Een van ondersteuners se gunsteling spelers wat die kole voor gooi is Franco Mostert, of soos sy spanmaats hom noem, Sous.
Net agt kilometer van daar in ’n wit hospitaalbed lê sy broer, JP, wat behandel word vir ernstige spinale beserings na ’n motorongeluk.

JP het by die bekende Valke rugbyspeler, Jacques Verwey, vir die naweek gaan kuier twee weke gelede, toe die bakkie waarin hy ‘n passasier was, in ‘n kanaal ingery het naby Groblersdal. Hulle is boesemvriende.
JP en sy vriend, Marco-Pierre van Eeden, was saam na Groblersdal. Hulle sou die volgende dag Verwey se ram-partytjie bywoon, maar het die vorige dag al na Groblersdal gereis omdat hy so graag by sy vriend wou wees omdat hulle mekaar min sien.

Dié groep vriende het om 20:00 na ‘n restaurant gery, waarna die ongeluk naby Tiaan Kruger Boerdery plaasgevind het op ‘n grondpad.
Verwey en sy verloofde, Danelle Kruger, het in hul eie voertuig vooruit gery, met JP en Van Eeden wat in hul eie voertuig gevolg het.
Die bakkie waarin JP gery het, het egter in die kanaal beland na Van Eeden, wat die voertuig bestuur het, vermoedelik nie die pad geken het en nie in die stof kon sien nie. Hulle het so stadig gery die spoedmeter het op 31 kilometer per uur vasgeslaan.

Swift EMS is na die toneel en daar is lank gespook om JP uit die voertuig te bevry.
Hy het erge spinale beserings opgedoen en is deur Swift EMS na Groblersdal Hospitaal vervoer, waar hy gestabiliseer is en deur Netcare 911 se helikopter na Netcare Milpark-hospitaal gevlieg is, waar hy steeds behandel word.
Nico Pretorius, eienaar van Swift EMS, sê dat Van Eeden ongedeerd is.
JP is nog in die intensiewe sorgeenheid op ‘n asemhalingsmasjien en onder sedasie. Hy het reeds ‘n operasie ondergaan en sal Dinsdag vir ‘n tweede operasie gaan.
•Jacques en Danelle trou Saterdag.
Fotograaf Konrad Jansen van Rensburgh het op ’n Facebook plasing gesê:
Only after the game, I heard that Sous’ bother JP, Captain of the Valke, had a serious accident the night before and was in intensive care.
I had looked for their parents among the spectators, but this explained why they had missed their son’s game – very exceptional.

26 July update: “JP is uit teater, moet volgende week weer terug vir ’n operasie, hulle gaan hom stadig uit verdowing bring. Maar is nog op asemhalingsmasjien.” And excellent news later: after some physio, he could move his hands.
29 July update: JP remains in ICU under sedation and on a ventilator, with the 2nd operation planned for Friday.
