Blomme vir regter Mphahlele
Kleurryke yslandse poppies het vanoggend die somber atmosfeer in die hof, waar die doodskissaak aangehoor word, opgehelder.

’n Inwoner van Middelburg, wat versoek het om anoniem te bly, het ’n bossie poppies gaan neersit, waar regter Sheila Mphahlele die saak aanhoor.
Die bossie blomme is later deur die klerk van die hof weggeneem.

“Ek wil nie my naam daaraan koppel nie, ek doen dit namens Middelburg,” het die man gesê.
“Ons is ’n dorp wat omgee, die doodskissaak moet ons nie polariseer nie, ons is nie ’n dorp van rassiste nie, ons gee om vir mense en is ’n fantastiese gemeenskap.”
Update: Accused to call witness on satellite tracking of vehicles
Day two coffin case trial continues
Video: #Coffincase Inspection of location
Day two of coffin case trial about to start in Middelburg
Second day of Coffin Case trial set to start
Oor sy rede vir die blomme aan regter Mphahlele het hy gesê “dalk kom daar tog iets goeds uit die saak, ons wil vir die wêreld wys dat ons bedoelings goed is en dat ons moet leer om met mekaar oor die weg te kom”.
Update: More police ordered to keep order during #Coffincase trial
Day 3 #Coffincase: Cross examination of Sithole completed
Update 11 – Day 3 #CoffinCase trial – as it happens

