Nuusflits: Ma soek na seun
’n Ma het pas op noodgroepe ’n boodskap gestuur dat sy na haar seun, Dylan Breytenbach soek.
Die boodskap sê dat sy hom vanoggend net na 07:00 by HTS Middelburg afgelaai het, “maar hy was nêrens te sien na skool nie.”
Sy het gemeld dat sy nie weet of hy “deur sy werklose pa ontvoer is nie” en “of hy onder die invloed van ’n meisie is” en dalk saam met haar weggeloop het nie.
Dylan is 17 jaar oud, is 1.8m lank met bruin hare en groen oë.
Me. Breytenbach sê haar seun het die laaste keer wat sy hom vanoggend gesien het, HTS skoolklere gedra.
Lees verwante nuus hier:
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Sy het gevra dat enigiemand wat hom sien, haar dringend moet bel by 076 044 9053.
• www.mobserver.co.za het me. Breytenbach probeer bel vir meer inligting, maar haar selfoon was af.
