News

Valskermklub in finansiële moeilikheid

Die Witbank Valskermklub was nie die naweek te sien by die Buiteleweskou by De Voetpadkloof nie nadat ’n versoek om te hervestig by die Middelburg Vliegklub geweier is.

Die klub is na alle waarskynlikheid onder finansiële druk omdat hulle na wat verneem word nie hul verpligtinge aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nagekom het nie en stewige boetes van honderde duisende rande in die gesig staar.

Alhoewel die klub steeds operasioneel is, is daar klaarblyklik geen vliegtuie beskikbaar om hulle te help nie, omdat hulle nie hul verpligtinge nagekom het nie.

Hulle het ’n versoek ingedien om verlede maand na die Middelburg Vliegveld te skuif, wat aanvanklik deur die Middelburg Aero Club-raad goedgekeur is, maar die lede het teen die skuif gestem.

“Die versoek is afgekeur weens verskeie tegniese sake, wat wissel van kantore en geriewe, die deel van die lugruim wat ’n onveilige situasie kon veroorsaak en finansiële implikasies,” het ‘n lid van die Middelburg Aero Club gesê.

Al die komiteelede van die Valskermklub het intussen bedank en kan die klub nie behoorlik funksioneer alvorens hulle nie ’n nuwe komitee verkies en hul verpligtinge aan SAID nagekom het nie.

Dit is weens hierdie redes dat hulle ook hul vertoning by die Buiteleweskou gekanselleer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button