Observer Daller

Daller-droom vir astro begin gestalte kry

Aansienlike vordering word gemaak met Hoërskool Ben Viljoen se nuwe astrohokkieveld en die projek sorg vir groot opgewondenheid onder Dallers.

’n Droom wat vir jare in die harte van talle Dallers geleef het, is besig om voor die gemeenskap se oë ’n werklikheid te word.

Hoërskool Ben Viljoen en Die Uile is trots om deel te wees van ’n besonderse projek wat nie net die skool se sportfasiliteite gaan verbeter nie, maar ook ’n blywende nalatenskap vir toekomstige geslagte hokkiespelers sal skep.

Die langverwagte ontwikkeling van ’n nuwe astrohokkieveld op die skoolterrein het op 31 Maart 2026 momentum gekry. Sedertdien het die projek merkwaardige vordering getoon en neem die visie van toegewyde ondersteuners, alumni, ouers en die hele skoolgemeenskap stadig maar seker vorm aan.

Met elke nuwe boufase is die droom nader aan voltooiing – ’n bewys van wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap hande vat vir ’n gemeenskaplike doel.

Vir huidige leerders, oud-Dallers en ondersteuners verteenwoordig dié projek veel meer as net ’n nuwe sportveld. Dit simboliseer trots, groei en die geleenthede wat geskep word wanneer daar in die toekoms belê word.

Die astrohokkieveld gaan ’n belangrike rol speel in die verdere ontwikkeling van hokkie by Hoërskool Ben Viljoen en sal ’n ruimte bied waar spelers kan oefen, meeding, nuwe vaardighede ontwikkel en waardevolle herinneringe kan bou.

Die projek is ’n voorbeeld van die krag van samewerking en die impak wat ’n toegewyde gemeenskap kan hê.

Lede van die publiek wat graag by hierdie opwindende projek betrokke wil raak, kan BJ Jovner by 082 376 2264, Arnold van der Walt by 082 858 3812 of Daniel Schoeman by 071 539 3697 kontak.

Lees ook: Hoërskool Ben Viljoen: KJ bring “My Skaduwee” tot lewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button