Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen: KJ bring “My Skaduwee” tot lewe

Hoërskool Ben Viljoen se KJ Briel het nasionale erkenning ontvang vir sy indrukwekkende vertolking in die ATKV se Digitoneelkompetisie met “My Skaduwee”.

’n Graad 11-leerder van Hoërskool Ben Viljoen, KJ Briel, het sy merk op nasionale vlak gemaak toe hy aan die ATKV se Digitoneelkompetisie deelgeneem het met die aangrypende produksie My Skaduwee.

Die stuk, geskryf deur Inamari Schoonraad van Inamari, vertel die verhaal van Christo, ’n tienerseun wat tydens ’n sessie by ’n sielkundige sy innerlike stryd begin verwoord. Wat aanvanklik soos blote verbeelding voorkom, ontwikkel vinnig in ’n intense en persoonlike ervaring waar ’n “skaduwee” met hom praat. Hierdie skaduwee simboliseer die stem van veroordeling en selftwyfel wat sy gedagtes oorheers, terwyl hy terselfdertyd moet worstel om sy eie waarde en identiteit te bevestig.

A shadow of a person on a gravel surface, with one visible leg on the left. The text reads "My Skaduwee," suggesting introspection or mystery.
KJ Briel het aan die ATKV se Digitoneelkompetisie deelgeneem met die produksie My Skaduwee.

KJ se vertolking van hierdie komplekse karakter het die beoordelaars beïndruk en hom ’n silwer toekenning vir sy spel besorg.

Hy het boonop ook ’n brons toekenning vir redigering ontvang – ’n bewys van sy veelsydigheid en tegniese vaardighede.

Die produksie self is verder met ’n silwer toekenning bekroon, wat die hoë standaard van die inskrywing onderstreep.

Hierdie prestasies getuig van KJ se toewyding en kreatiewe aanleg in die uitvoerende kunste. Met sy groeiende ervaring en talent is dit duidelik dat hy ’n belowende toekoms in drama en teater tegemoetgaan.

Lees ook: Wanneer uile ook wil somme maak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button