Babatjie glimlag eerste keer – sterf by dagskool
’n Perfek gevormde babatjie wat deur haar ma in ’n asdrom weggegooi is, is vanoggend ter ruste gelê by ’n kerk op Middelburg.
Net 500 m van daar word ’n babatjie more begrawe nadat hy dood in sy wiegie gekry is by ’n dagsorgsentrum.
Die vyfmaande ou Joanco is by by Bambi Dagsorg dood.
Hy was die seuntjie van Monique en Julius Zeelie wat hulle ander kind, JJ (2), nou uit Bambi Dagsorg gehaal het.

Joanco en JJ sou die middag gaan vir vir ’n doktersbesoek.
Monique het ’n rukkie by die dagsorg gewag vir die hek om oopgemaak te word.
Die dagmoeder het uitgestap gekom met Joanco in haar arms en gesê: “Hy haal nie asem nie, hy’s dood”.
Sy het hom gegryp en mond-tot-mond asemhaling probeer toepas maar skok het haar oorweldig.
Die buurman oorkant die straat het haar en die baba in sy kar gelaai en met hulle na Life Midmed Hospitaal gejaag.
By die hospitaal is die egpaar meegedeel dat die seuntjie ‘n geruime ruk reeds dood was en daar niks vir hom gedoen kon word nie.
‘n Volle mediese ondersoek is gedoen, maar die dokter kon niks verdag vind nie.
• ‘n Roudiens word Donderdag om 14:00 by die PPK Lofdal Gesinskerk vir Joanco gehou. Die diens sal gelei word deur pastoor Callie Joubert.

Lees ook: Baby girl found in refuse bin laid to rest
Baby in bin: Madison was a gift from God, will find resting place on church grounds
