Met ’n kakebeen wat diekant toe staan en ’n kop wat oopgekloof is, het ’n jong inwoner by www.mobserver.co.za kom kla nadat hy deur sy vorige werkgewer aangerand is.
Mnr. Michael Clack sê dat hy agt maande vir mnr. Brozz Campbell van Prestige Auto Clinic gewerk het en volgens hom het hulle ‘n baie goeie verhouding gehad.
Hy was op Middelburg om vir sy oom te kom kuier en het besluit om gou by Prestige Auto Clinic te gaan kuier.

Mnr. Campbell het twee moersleutels van ‘n bord afgepluk en hom daarmee begin slaan.
‘n Gapende wond aan mnr. Clack se kop moes met agt steke geheg word, terwyl ‘n oop wond aan sy kakebeen met drie steke geheg is.
Hy het ook verskeie blou hale oor sy rug waar mnr. Campbell hom met die moersleutels bygekom het.
Mnr. Campbell is die nasionale president van die Itchy Wheels Motorfietsklub.
Hy ontken nie die voorval nie en sê hy is oortuig dat mnr. Clack sy besigheid besteel het.
