Laaste dag vir doodskisverhoor
Die berugte doodskissaak het vanoggend die laaste dag van ’n twee weke-lange verhoor in die Middelburgse Hooggeregshof gehad.

Die saak, wat oorspronklik in Delmas sou sit, is na die eerste dag na Middelburg verskuif nadat regter Sheila Mphahlele bevind het dat dit in belang van geregtigheid is.
Die eerste staatsgetuie Hannes de Beer, het gevou onder advokaat Org Basson se kruisondervraging en erken dat hy verkeerdelik in sy polisie verklaring gesê het dat hy eers in November van die doodskisvideo bewus geraak het terwyl hy reeds in Oktober daarvan te hore gekom, en vir Jackson instruksie gegee het om van die kis ontslae te raak.
Daarna het die twee klaers in die saak, Delton Sithole en Victor Mlotshwa, vir die staat getuig. Die verdediging het ook in hul getuies daarin geslaag om verskeie teenstrydighede uit te lig, soos Mlotshwa se bewering dat hy littekens op sy rug het wat hy versuim het om aan die dokter uit te wys en nie aan die hof wou toon nie.
Update: Oosthuyzen completes testimony
Update: More police ordered to keep order during #Coffincase trial
Day 3 #Coffincase: Cross examination of Sithole completed
Update 11 – Day 3 #CoffinCase trial – as it happens
Die eerste getuie vir die verdediging was Willem Oosthuyzen, wat beskuldigde een in die verhoor is.
Hy het getuig dat hulle die doodskis wou gebruik om vir Mlotshwa skrik te maak nadat hy gedreig het om hul eiendom af te brand en hul families te vermoor. Oosthuyzen het gesê dat hulle nooit van plan was om vir Mlotshwa te vermoor nie en dat hulle ook nie die kis heeltemal toe wou maak nie.
Hy het aan advokaat Robert Molokoane, vir die staat, erken dat hy nie berou het oor die video nie en nie iets daarmee verkeerd sien nie.
Die tweede beskuldigde in die saak, Theo Jackson, sal na verwagting Donderdag getuig.
Die verdediging het ook aangedui dat hulle van plan is om ’n spesialis getuie, oor die satelliet opsporingstelsel in een van die voertuie, gaan roep.
Die saak sal in alle waarskynlikheid nie op die laaste dag afgehandel word nie en heel moontlik uitgestel word vir verdere verhoor.
