News

Wag in gesig geskiet

'n Sekuriteitswag is in die gesig geskiet tydens 'n transitorooftog op die R573 naby Siyabuswa Vrydag.

Die G4S sekuriteitsvoertuig is van ‘n onbekende hoeveelheid kontant beroof.

Die veiligheidsvoertuig is oopgeskiet met plofstof en die sekuriteitswag is in die gesig geskiet.

Dié voorval het omstreeks 18:00 plaasgevind naby Elshadai Combined School op die Toitskraalpad.

‘n Groep gewapende verdagtes in ‘n BMW, ‘n dubbelkajuit Volkswagen Amarok en ‘n Audi het die sekuriteitsvoertuig met geweld gestop.

Volgens me. Mercia Blake (Life 24 EMRS) het hul ‘n oproep ontvang dat daar ‘n gewapende roof plaasgevind het en is hul na die toneel ontbied.

Sy vertel dat sy duidelike merke aan die bestuurderskant se venster van die G4S sekuriteitsvoertuig kon sien waar daar met vuurwapens op die voertuig gevuur is.

“Die hele regterkant van die voertuig was weg weens die plotstof, maar die linkerkant het geen skade gehad nie,” sê me Blake.

Een van die insittendes van die sekuriteitsvoertuig het aan haar vertel het dat die verdagte voertuie weerskante van hul gery het, met een voertuig voor, wat hul forseer het om tot stilstand te kom.

“Die verdagtes het op die sekuriteitsvoertuig losgebrand en het een van die sekuriteitswagte opgemerk dat die verdagtes plofstof aan die G4S-voertuig vasmaak. Hul het op daardie oomblik besef dat hul uit die sekuriteitsvoertuig moet kom,” vertel me. Blake.

Sy vertel dat die sekuriteitsvoertuig byna 20 m, van waar die ontploffing plaasgevind het, te lande gekom.

Life 24 EMRS het drie insittendes van die sekuriteitsvoertuig op toneel gestabiliseer.

“Een van die pasiënte het ‘n skietwond in sy regterwang gehad en die ander twee pasiënte is behandel vir skrapnel,” sê Blake.

Die drie sekuriteitswagte is na Philadelphia Hospitaal in Dennilton vervoer.

Life 24 EMRS het kort na 10:00 die volgende oggend die sekuriteitswag wat in die gesig gewond is na Life Cosmos Hospitaal in eMalahleni vervoer.

• Volgens ‘n persverklaring van Cash Connect was daar ‘n groot aantal transitorooftogte wat die afgelope paar weke in verskeie provinsies van Suid-Afrika plaasgevind.

Hul sê dat die land reeds tussen Januarie en April vanjaar ‘n verlies van R15 miljoen gely het met transitorooftogte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button