News

Hoeveelste trok verwoes in Kranspoort

Nog ’n trok het vroeg vanmore in Kranspoort teen een van die betonversperrings gebots met ’n vrag kunsmis.

Die trok het gebots op die plek waar ’n ander trok, wat sulfaatsuur vervoer het, ’n paar weke gelede omgeslaan het.

’n Reuse skoonmaakoperasie is van stapel gestuur om die kunsmis van die toneel af te verwyder.

Die botsing het, volgens getuies op die toneel, glo omstreeks 01:00 vanmore plaasgevind.

Die drywer van die trok het uit die kajuit gespring toe die trok met hom weghol poort af.

Die trok is reguit teen een van die betonversperrings in die aankomende verkeer vas.

Die drywer is hospitaal toe vervoer, maar het nie ernstige beserings opgedoen nie.

• Daar was ook ’n geringe botsing op die Van Dyksdrift-oprit op die N4 om 05:30 vanmore.

Twee trokke het teen mekaar gebots nadat een van die trokke glo nie gestop het by die Vandyskdrift interseksie nie.

Niemand is beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button