Alzu se Piet du Toit, wat aan die stuur van die hoenderafdeling, het aan www.mobserver.co.za bevestig dat ‘n gedeelte van die plaas tans onder kwarantyn is en dat die uitbraak die lewering van produkte aan verskaffers beïnvloed het.
Kwarantyn, sowel as die onttrekking van produkte van die mark af, is normale protokol in gevalle van sulke uitbrake. Slegs ‘n gedeelte van Alzu se hoender boerdery word deur die kwarantyn beinvloed en ander afdelings van die boerdery gaan voort soos normaal.
Ander nuus: Koue is op pad
Sedert Junie was daar talle uitbrake in Mpumalanga sowel as die Vrystaat met die nuutste geval wat in die Wes Kaap in die Heidelberg omgewing by twee volstruisplase aangemeld is.
Derduisende hoenders moes sedert die eerste voëlgriep uitbraak van kant gemaak word. Daar is ook tans ’n nasionale verbod op die verkoop van lewendige hoenders.
Ander nuus: 50 Skakerings van pienk!
• ’n Volledige berig verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
