News

Video: Stank is riool in spruit

Riool het vir meer as ’n week lank deur ’n spruit by die Klein Olifantsrivier ingeloop!

Rdl. San-Mari Wait sê sy het klagtes ontvang van inwoners en sakelui in die omgewing van Cowen Ntuli en Vloedstraat oor die reuk.

Met nadere ondersoek is gevind dat daar ’n riool oorloop is op die hoek van Cowen Ntuli- en Vloedstraat.

Sy het op 15 Augustus e-posse gestuur aan die munisipale bestuurder se kantoor, asook ander hoofde van afdelings waarin sy gevra het daar daar dadelik aandag aan die probleem gegee word.

Vroeg hierdie week het sy laat weet dat sy steeds geen terugvoer ontvang het nie.

Volgens haar “kom dié probeem van lankal af!”

• Woensdagmiddag het www.mobserver.co.za die area besoek en was die munisipaliteit besig om aandag aan die probleem te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button