NewsUpdate

Opvolg: Dawie sprakeloos oor dié goedheid

Die wiele is aan die rol gesit om vir “Dawie van die Spur”, Dawie de Villiers, die beste mediese sorg te kry.

Die Alzu Spur groep, waar Dawie werk, gaan die mediese kostes dek, sodat hy by ’n private hospitaal in Pretoria behandel kan word.

Hy is sedert ’n hartaanval in die Middelburg provinsiale hospitaal behandel, waar daar teen vroeg vanmiddag nog gewag is dat hy na die Steve Biko Hospitaal oorgeplaas word.

Lees ook: Dawie wag nogsteeds

’n Paar administratiewe take moes nog afgehandel word, voordat hy per ambulans na Pretoria se Wilgers Hospitaal vervoer sou word.

’n Dankbare Dawie het vanmiddag gesê: “Jissie, ek het alwéééér nie woorde nie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button