Sporttrots: Dallers wys hul krag teen Hans Strijdom
Met indrukwekkende vertonings in rugby en hokkie het Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne ’n dag van uitmuntende prestasie beleef.
Die rugby- en dogtershokkiespanne van Hoërskool Ben Viljoen het Saterdag, 6 Junie, hulle talent en vasberadenheid gewys tydens ’n opwindende sportdag teen Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong.
Die Dallers het met hope energie, spanwerk en uitstekende sportmangees die veld betree en gewys dat harde werk en toewyding die grondslag van sukses is.

Verskeie spanne het fenominale vertonings gelewer, met spelers wat hulle vaardighede op die rugby- en hokkieveld ten toon gestel het. Die dag het weer eens die sterk sportkultuur en passie vir deelname by Hoërskool Ben Viljoen beklemtoon.
Ondersteuners kan trots wees op die spelers se deursettingsvermoë en die manier waarop elke span hulle beste gelewer het.

• Die volle uitslae van die wedstryde kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.


