Laerskool Julian Muller vier netbalsukses
Laerskool Julian Muller se netbalspelers het hul talent en vasberadenheid tydens die Limpopo Distriksuitspele gewys en die skool se netbaltrots verder versterk.
Die netbalbane het behoorlik gegons toe Laerskool Julian Muller se spelers hul talent, vasberadenheid en spanwerk tydens die Limpopo Distriksuitspele ten toon gestel het.
Met uitstekende voorbereiding, harde werk en ’n sterk spanverhouding het die Dallers se netbalspelers gewys dat hulle onder druk kan presteer. Die spelers se toewyding deur die seisoen heen het uiteindelik groot beloning opgelewer, en nuwe hoogtes is bereik.

Die fokus is egter nie net op prestasie op die baan nie, maar ook op die waardes wat die span saamdra. Met geloof, kameraadskap en deursettingsvermoë as fondament, bly die spelers vasbeslote om hul beste te gee.
Die span se volgende groot uitdaging wag reeds wanneer hulle hul talente op provinsiale vlak gaan toets. Die hele Laerskool Julian Muller-gemeenskap staan trots agter die spelers en wens hulle sterkte toe vir hierdie belangrike geleentheid.
• Lees meer oor die netbalprestasies in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.
