NewsUpdate
Dawie sê “daar vat hy”
Met ’n “da vat hy nou” het ’n verheugde Dawie de Villiers laat weet dat hy oorgeplaas is na die Wilgers Hospitaal in Pretoria.

Daar word tans toetse op hom gedoen, om te bepaal watter verdere behandeling hy nodig het na ’n hartaanval verlede week.
“Dawie van die Spur” soos hy geliefd bekend is, se mediese behandeling by Wilgers is moontlik gemaak deur die ingryping van die Alzu Spur groep wat verskeie Spurs in Suid-Afrika besit, waaronder Midwater waar Dawie werksaam is.
Lees meer oor Dawie se hartaanval hier:
Dawie sprakeloos oor die goedheid
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
