News

Die dorp met die groot hart

Middelburg mense se harte is groot en hul hande is oop.

Die dorp het al keer op keer gewys dat hulle nie sal huiwer om in te gryp as daar iemand is wat waarlik in die nood verkeer nie.

Een so ‘n vrou is Elona van der Nest.

Sy is tans die dryfkrag agter Hein’s Journey, ‘n veldtog om ‘n negejarige kankerlyertjie, vir wie dokters nog net ‘n jaar gee om te leef, se drome te laat waar word.

Hein Vermaak is met ‘n rare kanker wat in kinders voorkom, gediagnoseer.

Daar is weinig data en navorsing oor die siekte en daar is ook nie veel hoop op suksesvolle behandeling nie.

Me. Van der Nest, oorspronklik van Kriel waar Hein en sy familie woon, sê dat sy met die familie kontak gemaak het om hulle te probeer bystaan nadat haar man hulle besoek het om wifi te installeer.

Sy het vir Hein se ma, Yolandé, die geskenk van tyd gegee, omdat hulle nie weet hoe lank Hein nog oor het om te leef nie.

Me. Van der Nest probeer nou namens die Vermaak gesin om vir klein Hein soveel moontlik geleenthede te gee in die tyd wat hy oor het.

“Dit is basies soos ‘n bemarkingsveldtog en dit hou jou die hele dag besig.

Hein se ma moet eerder haar tyd aan haar kind spandeer as wat sy probeer om borge te kry om sy drome waar te laat word.

Dit is wat ek nou probeer doen,” verduidelik me. Van der Nest.

Lees ander nuus: Warning – Graphic content: Horror accident on R555

Video: Two patients airlifted to hospital after R555 accident

Sy sê dat een van die talle uitdagings is om te sorg dat Hein gereeld en gesond eet.

Hy is ‘n tipe een diabeet wat daagliks gespuit moet word.

Die Vermaak gesin is tans by De Voetpadkloof, wat twee aande geskenk het en sal ook binnekort by Izinkwe Lodge gaan kuier.

Indien jy betrokke wil raak by Hein se reis, stuur ‘n e-pos na heinsjourney@villagelan.co.za of gaan besoek sy Facebook blad Hein’s Journey.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button