News

Neem eie lewe na pa se verjaardag

'n Jarelange inwoner van die dorp het Sondag sy eie lewe geneem by die Burgerspark woonstelle.

Jan Lodewyk (Wikus) van Antwerpen (45) word deur sy vrou as ‘een van die goeies’ beskryf.

Madeleine van Antwerpen sê dat haar man ‘n enigste kind was. Hy het beide sy ouers kort na mekaar aan die dood afgestaan. Sy vermoed dat dinge net te veel vir hom was na die herdenking van sy pa se verjaardag oor die naweek.

Mnr. Van Antwerpen het homself geskiet.

Hy is by die Midmed Hospitaal dood verklaar.

“Ons was vir 22 jaar getroud. Hy was ‘n goeie man en ‘n goeie pa. Ons het 24 uur in mekaar se geselskap spandeer, want ons het saam gewerk en saam huistoe gekom. Ek kon nooit saam praat as die ander vrouens kla oor hulle mans nie. My man was ‘n huismens. Ek het een van die goeies getrou,” sê mev. Van Antwerpen.

Daar sal Woensdag om 12:00 ‘n roudiens uit die Evangelies Gereformeerde kerk in Lilian Ngoyistraat (oorkant Tosca) gehou word. Mnr. Van Antwerpen was die mede-eienaar van Performance Pumps and Valves asook Silhouette Printing.

Hy word deur sy vrou en seun, Alwyn, oorleef.

Enige iemand wat met die familie wil kontak maak kan mev. Van Antwerpen bel by 072 938 4072.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button