News

Sit die vonk terug in jou huwelik

Maranatha Roepersfontein Bedieninge bied op 15 en 16 September ’n huweliksverrykingseminaar aan vir paartjies om die passie weer terug te sit in hul verhouding.

Maranatha Roepersfontein Bedieninge bied op 15 en 16 September ’n huweliksverrykingseminaar aan vir paartjies om die passie weer terug te sit in hul verhouding.

Kostes beloop R180 per paar en sluit ’n ete op een van die geleenthede, met die tema “Date Night” in.

Kommunikasie en intimiteit sal ook bespreek word deur dr. Nico Coetzer.

Verrigtinge begin om 18:30 op 15 September en verdere lesings vind tussen 11:00 en 17:00 op 16 September plaas.

Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar.

Besprekings kan gemaak word by pastoor Neels Swanepoel by 073 342 9772 of Antoinette Swanepoel by 072 903 0954.

Die seminaar sal aangebied word in die Nederduits Hervormde kerksaal op die hoeke van Akasia- en Vygiestraat in Kanonkop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button