Stormsterk winde tref dorp
Rukwinde en donderweer het luidkeels aangekondig dat die reënseisoen om die draai is. Terwyl daar verskeie voorvalle gerapporteer is waar skade deur die vreeslike winde veroorsaak is, het weinig reën geval.
’n Stormsterk wind het Saterdag en daarna weer Maandagaand huise in Mhluzi se dakke afgewaai.
Noodpersoneel van Belfast het Saterdagaand gesê dat die sterk wind letterlik aan hul voertuie geruk en hul werk bemoeilik het, terwyl hulle hulp verleen het op ’n ongelukstoneel.
Also read: Storm rips through Belfast
Selfs die Middelburg Observer het deurgeloop en het een van die koerant se skadunette Maandag halfmas gehang weens die geniepsige rukwinde die vorige nag.
Lees ook: Gesin vlug voor storm
By gastehuise in Aerorand en in Kiepersolstraat (Kanonkop) het bome omgewaai wat Maandag vroegoggend verwyder moes word.
Lees ook: Dorp omgedop deur storm
• Die paar druppels reën wat saam met die donderstorm gepaard gegaan het Sondag, het die reënmeters tussen 2.5 mm en 3 mm in Middelburg laat styg. Op Hendrina is 7 mm gemeet.
