News

Video: Pieter die parkie prater

Inwoners wonder al lank oor die jongman wat minstens drie keer per week op die Lion's Park se basketbalbaan opgemerk word waar hy die heeltyd in sirkels loop.

www.mobserver.co.za het met Pieter Brits gaan gesels en die rede agter sy draaie stap is merkwaardig.

Hy sê hy het onlangs die Here ontmoet en gebruik die tyd om met God te gesels en so nader aan die koninkryk te kom.

Met sy handdoek om die nek en kosblik in die hand, vat hy minstens drie maal per week die pad parkie toe van die losieshuis in Kanonkop waar hy bly.

Kyk ook:  Video – Morsjorse ontsier parkie

Hy stap vir ure, sit soms op die bankies om te rus as die miere hom toelaat, en stap dan maar weer ’n paar draaie in gesprek met sy skepper.

Lees ook: Sonia se verhaal… en die nege vriende wat dood is

Tussendeur maak hy geld deur oefen- en eetprogramme op te stel vir mense wat wil liggaambou of gewig wil verloor.

Hy sê hy het skool in Graad 11 verlaat nadat hy sy jaar gedruip het en hom toe daarna as persoonlike fiksheidsafrigter bekwaam het.

Werk is maar min, maar Pieter is positief – “Die Here het ’n plan!”

Lees ook: Beslis meer grafte meen belangegroep

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button