Nood is groot – gebid vir kos
Eers was daar ’n ma en seun, toe nog ’n gesin, nog een en nog een...
Nou bied die Koppiestraat projek op Middelburg blyplek aan sowat 40 mense wat andersins op straat sou gewees het.
Lees ook: Klopdisselboom by Koppiestraat
Hulle word in netjiese wendyhuise gehuisves en kry een maaltyd per dag.
Die probleem is net dat skenkings min is en die kok somtyds voor die yskas staan en bid vir die dag se maaltyd.
Koppiestraat opsigter, me. Marietjie du Plooy, sê mense het die afgelope week die ergste nood verlig met vleis, groente, vrugte, mieliemeel en ander benodigdhede soos skoonmaakmiddels.

Inwoners kry almal take om te verrig en terwyl die vroue kook, sien die mans om na die groentetuine en onderhou die erf.
As daar ontbytkos en kos is vir ligte middagetes word dit ook voorsien maar die skenkings het opgedroog en inwoners is nou meesal afhanklik op hulleself vir dié maaltye.
Mense wat nog bydraes wil maak kan me. Du Ploooy bel by 072 546 4923.
Lees ook: Ondersteun Koppiestraat herwinning
