News

Gesinsdag vir Nathan

’n Spesiale gesinsdag om te help met fondse vir klein Nathan O’ Grady se mediese uitgawes, word op 4 November by Eagle Inn gehou.

Nathan het in 2012 in ’n swembad geval en oorleef. Maande en jare se rehabilitasie het gevolg en hy kry selfs behandeling uit Denemarke uit.

Hy word 24 uur versorg en kry daagliks nog behandeling en fisioterapie. Hierdie terapie beloop bykans R16 000 per maand.

Vir slegs R20 is daar Saterdag by Eagle Inn die hele dag musiek (plaaslike kunstenaars), stalletjies, ’n kontantkroeg en springkasteel vir die kinders.

 

 

Hekke open om 10:00.  Die dag se verrigtinge word op ’n hoë noot afgesluit saam met sangers Pieter Naude en Carla Oberholzer wat die aand ’n optrede gaan hou.

Kaartjies vir die aand se verrigtinge beloop R100 per persoon, wat ’n ete insluit.

Vir enige navrae en besprekings, bel Regina Dercksen by 082 403 0144.

 

• Me. Dercksen bedank die Eagle Inn Veerpyltjieklub wat haar ondersteun met die fondsinsamelingsprojek en ook as hoofborge optree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button