Observer Daller

Loskop gereed vir tuisstryd teen Naboomspruit

Loskop-rugbyklub nooi die Loskopvallei-gemeenskap om die span tydens hul tuiswedstryd teen Naboomspruit-rugbyklub te ondersteun.

Loskop-rugbyklub maak vanaand (Vrydag, 19 Junie) gereed vir hul vierde Waterbergligawedstryd van die seisoen wanneer hulle vir Naboomspruit-rugbyklub op tuisbodem pak.

Die eerste spanne sal omstreeks 20:00 afskop by die Chris Wiid-stadion in Groblersdal, waar ondersteuners ’n aand van opwindende rugby kan verwag.

Loskop-rugbyklub nooi die Loskopvallei-gemeenskap om die span te kom ondersteun tydens dié belangrike ligawedstryd. Toegang beloop R20 per persoon, terwyl ’n R50-kurkfooi betaalbaar is indien ondersteuners hulle eie koelhouers wil saambring.

Ondersteuners kan ook die wedstryd in styl geniet met die klub se nuwe beperkte losiestaanplek. Elke losie het plek vir vier persone en is beskikbaar teen R300 per losie.

Vir navrae en besprekings kan Clinton of Micaela Jovner gekontak word by 082 376 0331 of 072 607 0486.

Vanaand se wedstryd is Loskop-rugbyklub se vierde uitdaging in die Waterbergliga. Die span het reeds teen Mogol-rugbyklub (weg), Amandelbult-rugbyklub (tuis) en Warmbad-rugbyklub (weg) meegeding.

Lees ook: Daller gereed vir semi-finaal en finaal op tuisbodem

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button