News

Kragdraad skok 38 skape dood, Eskom sê dis natuurramp

“As die draad in ’n beter toestand was, sou dit nie so maklik gebreek het nie.”

12: 59 Nuutste inligting:

Eskom het in ‘n twee sin persverklaring geantwoord dat hulle bewus is van die voorval maar nie kommentaar kan lewer nie omdat dit nog ondersoek word.

Oorspronklike berig:

’n Eskom kragdraad wat tydens ’n woeste storm gebreek het, het 38 skape by ’n boer naby Dullstroom dood geskok.

Nico Uys sê dat die draad in ’n gehawende toestand was.

’n Stormsterk wind wat gewaai het was die laaste strooi op die kameel se rug en die lewendige draad het gebreek en op die grond beland, reg in die middel van ’n trop dragtige ooie.

 

Eskom sê die skape is dood as gevolg van ‘n natuurramp

Mnr. Uys sê dat hy Eskom gekontak het en hulle die draad kom herstel het. Daar is aan hom vertel dat hulle nie vir die skade van die dooie skape verantwoordelik is nie omdat dit ’n “natuurramp” was.

“As die draad in ’n beter toestand was, sou dit nie so maklik gebreek het nie,” sê mnr. Uys.

Twee dae nadat die lyn herstel is, het die draad egter weer op dieselfde plek gebreek. Hierdie keer etlike meters van waar mnr. Uys se plaaswerkers gestaan het.

Mnr. Uys beraam die verlies van sy ooie op minstens R133 000.

Media navrae by Eskom is tans nog onbeantwoord.

Ander nuus:

Seun sterf na val van bakkie

Gee ’n hond ’n huis!

Trane soos riviere by prysuitdeling

Geliefe aan die dood afgestaan? Kerke vat hande om die ondraaglike draagliker te maak 

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button