News

Opvolg – Nie vir sensitiewe kykers: Meer as honderd beeste geskiet na brandramp

Die Middelburg Dierebeskermingsvereniging help steeds op die toneel waar 141 beeste reeds doodgeskiet is weens ’n verwoestende brand naby Khusile Kragstasie (anderkant eMalahleni).

Senior-inspekteur Petro Oberholzer en haar span werk sedert gister saam met veaartse en DBV-personeel van eMalahleni en Tshwane (Pretoria) om beseerde beeste van kant te maak.

Lees ook: NUUTSFLITS: Twee Belfast huise in nuutste brand verwoes

“Dit is ’n ramp! Ons het ook ’n kalfie langs die pad gekry wat weens brandwonde blind was en geskiet moes word, omdat hy heeltyd op ons afgestorm het. Dit is verskriklik!” het sy ontsteld gesê.

•Sy het gemeld dat die boere wat hierdeur geraak word se weiding heeltemal afgebrand is en hulle beslis hulp sal benodig.

Lees ook: Brand verswelg lodge, dubbelverdieping grasdakhuis, ‘n druiwe wingerd en verskeie ander geboue

•Verwoestende brande wat die naweek deur ’n sterk wind in die omgewing aangejaag is, het ook erge skade veroorsaak.

•Van Grobersdal tot Waterval Boven en Belfast is die afgelope week deur verwoestende brande geteister.

Die beeste moes geskiet word weens erge brandwonde.

 

 

 

 

Lees ook:

Boer wag vir geregtigheid na plaasaanval

VIDEO: Gaan speel die Marimba!

VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe

VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button