Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen-alumnus verlig Kaapstad se nagte

Hoërskool Ben Viljoen-alumnus Kai Gerber het Kaapstad se nagte laat skitter met indrukwekkende 3D-projeksiekuns by die Lumenocity Ligfees.

’n Voormalige leerling van Hoërskool Ben Viljoen het groot opslae gemaak in die kreatiewe bedryf en gewys dat plaaslike talent internasionale standaard kan bereik.

Kai Gerber, wat in 2024 gematrikuleer het, studeer tans Bewegingsontwerp (Motion Design) aan die Cape Town Creative Academy.

Hy was betrokke by ’n indrukwekkende 3D-projeksiekunsprojek (Video Mapping) wat by die Iziko Museum in die historiese Kompanjietuin in Kaapstad vertoon was.

Die uitstalling vorm deel van die gewilde Lumenocity Ligfees, waar plaaslike kunstenaars hul kreatiewe vermoëns op unieke en visueel treffende maniere ten toon stel.

Kai se werk is saam met dié van ander tweede- en derdejaar Bewegingsontwerpstudente vertoon, wat die projek ’n dinamiese en inspirerende karakter gee.

A historic building is illuminated with vibrant neon lights, displaying red, blue, and green outlines. The scene conveys a lively and festive atmosphere.
Deel van die Lumenocity Ligfees in Kaapstad.

Deur middel van gevorderde projeksie-tegnologie word die ikoniese museumgebou omskep in ’n lewendige kunswerk. Die uitstalling is beskryf as ’n ‘visuele gesprek’, waarin abstrakte beelde saamvloei om individuele ervarings te verweef tot ’n gedeelde, geanimeerde tapisserie.

Die projek getuig nie net van tegniese vaardigheid nie, maar ook van diep kreatiewe denke en samewerking tussen jong kunstenaars.

Die Lumenocity Ligfees was vanaf 9 tot 12 April en het ’n unieke platform geskep vir opkomende kunstenaars om hul werk aan ’n breër gehoor bekend te stel.

Hoërskool Ben Viljoen het sy trots uitgespreek oor Kai se prestasies en wens hom alle sterkte toe met sy verdere studies en belowende loopbaan in die kreatiewe bedryf.

Lees ook: Gideons bring hoopboodskap na Ben Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button