News

Ouers jaag na toneel nadat bus op nat R555 omslaan en een kind sterf

Verskeie ouers, insluitende die pa van die Graad 8 leerling van HTS Middelburg wat Sondag op die R555 in ’n busongeluk oorlede is, het hulle kort na die ongeluk omstreeks 17:00 na die toneel gehaas.

Die kinders was van Steelpoort af op pad Middelburg toe, waar hulle by die koshuis van die skool sou inteken.

Gideon Miller het onder die bus beland, nadat dit van die pad geloop en omgeslaan het.

Woedende inwoners van die omgewing sê dat hulle al jare sukkel met die toestand van die pad.

Lees ook: Tienerseun wat oorlede is in Sondag bustragedie geïdentifiseer

Die bus het van die pad afgeloop en die bestuurder het gepoog om dit terug te kry, maar omdat die teeroppervlak so hoog van die skouer af staan, het die bus omgeslaan en oor die pad gegly.

Die bus het steeds op sy kant aan die teenoorgestelde skouer van die pad beland.

Dit moes eers gestabiliseer word, omdat nooddienswerkers bang was dat die bus verder by die skouer van die pad sou afgly.

Lees ook: Een persoon oorlede nabus met skoliere onderweg van Steelpoort na Middelburg omslaan

Die omgewing het kort voor die tragedie hael en reën gekry.

Boere het ook kort na die ongeluk op die toneel opgedaag om hulp te verleen.

Ander kinders op die bus het snye en skrape opgedoen maar wonderbaarlik is niemand anders ernstig beseer nie.

Die busdrywer het op die toneel gesê dat hy beheer oor die bus in die nat toestande verloor het.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button