News

Hond gryp kind aan kop

’n Kolliehond het Sondag ’n sewejarige seuntjie met sy poot op die grond vasgedruk en aan sy kop beetgekry.

Die kind se pa (wat gevra het dat hulle anoniem bly) sê hulle het sowat drie maande gelede die kolliehond by iemand as waghond gekry, nadat booswigte al ’n paar keer in hul erf in Blesbokstraat (Kanonkop) betrap is.

Die pa vertel dat die hond die kind omgespring, hom vasgedruk het met sy poot teen die grond en hom daarna agter aan die kop beetgekry het.

Hulle het met die seuntjie na die Life Midmed Hospitaal gejaag, waar vyf groot wonde aan die agterkant van sy kop met steke geheg moes word. Hy het ook krapwonde op sy ruggie gehad waar die hond hom met die poot vasgepen het.

Volgens die pa het hulle geen idee waarom die hond so opgetree het nie. “Kolliehonde is oor die algemeen mos vriendelike honde. Ek kan nie glo hy het dit gedoen nie. Ek vermoed maar daar was ’n teef in die omgewing op hitte en dat die hond knorrig was met die ander honde voor op die erf. My seuntjie was net op die verkeerde oomblik daar.”

•Die hond is aan die Dierebeskermingsvereniging oorhandig, wat die dier sal uitsit.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button