News

’n Dorp in ’n dwelmkrisis – verslaafdes bedel en sterf op straat

Hulle sterf op straat en in stegies, hulle bedel, lieg en bedrieg. Middelburg se dwelmkrisis het breekpunt bereik.

Op elke straathoek staan ’n jong dwelmverslaafde met leë oë en smag na bedelgeld vir sy dag se fix.

Ouers is radeloos.

Huise wat verslaafdes ondersteun is vol.

Lees ook: Dwelms op bestelling

’n Ouerpaar moes verlede jaar toekyk hoe hulle dwelmverslaafde matrikulant seun sy eindeksamen deurworstel, terwyl hy hoog was. Hy het skaars sy pen neergesit en hy is na ’n huis vir dwelmverslaafdes geneem.

In die dorp se strate word dwelmtransaksies openlik gedoen.

’n Dwelmbedelaar het een oggend sopnat by ’n joernalis van www.mobserver.co.za se huis opgedaag en angsbevange gesmeek vir hulp. Hy het in die vroeë oggendure by ’n bekende dwelmhuis gaan heroïn koop, toe twee polisiemanne uitgestap kom. ’n Vrou het om een polisieman gehang en die ander een was duidelik self hoog.
Toe hulle hom sien het hulle uitgeroep: “Ons moet hom kry. Hy gaan ons split!”

Lees ook: Middelburg bedelaar hardloop weg van pastoor met dwelm toets

Die man het gevlug en in ’n spruitjie tussen riete die nag geskuil, terwyl die polisiemanne met flitsligte saam met ’n Nigeriese dwelmhandelaar na hom gesoek het.
’n Senior polisie offisier is deur die joernalis gekontak, wat aanbeveel het dat die dwelmverslaafde uit die dorp vlug.

Dit is algemene kennis, selfs onder polisiemanne, dat van hulle kollegas by die dwelmbedryf betrokke is en aan bekende handelaars beskerming bied.
Net klein gebruikers word gearresteer maar handelaars doen lustig sake.

•Me. Ayesha Snyman, wat aan die stuur van sake staan by Hope Corner, het gesê dat sy op net een oggend ses verslaafdes moes wegwys, “omdat ek net nie meer plek het vir hulle nie!”
Daar is tans 14 verslaafdes, 10 heroïn- en vier Tikverslaafdes (Crystal Meth) by haar huis.

Lees ook: Dis wat dwelm-ouers aan kinders doen

Sy was trots dat al die persone wat aan heroïn verslaaf was, tussen ses maande en ’n jaar skoon is.
Hul mees onlangse Tikverslaafde is al drie weke skoon.

•Past. Jannie Jacobs het twee weke gelede gesê die Oorwinnaars se oorgangshuis vir dwelmverslaafde mans is stampvol met 14 verslaafdes.
Hy was geskok met die geweldige toename van haweloses, veral dwelmverslaafdes, wat toegesak het op die dorp.

•Me. Elna Lewis, wat daagliks met dwelmverslaafdes werk, het weer ’n dringende beroep op mense gedoen om nié vir die bedelaars geld te gee nie. “Julle help met hul dwelmverslawing!”
Van die verslaafdes het vir haar vertel dat hulle al tot R1 000 ’n dag gemaak het “uit Middelburg se goedhartige mense.”

Me. Lewis het gesê as verslaafdes nie “rockbottom slaan en nie meer geld het vir dwelms nie, sal hulle nié ophou nie!”

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button