News

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Ruan Uys, die twaalfjarige seun wat sowat twee weke gelede in ’n ongeluk by Vrede gesterf het, is Saterdag op hul familieplaas, Elandskloof begrawe.

Mnr. Jaco de Beer, wat ook in die ongeluk gesterf het, se roudiens is Vrydag (7 Junie) om 12:00 uit die NG Kerk op Belfast.

Jaco de Beer.

Ruan en mnr. De Beer het albei in ’n ongeluk gesterf, waar ’n trok wat beeste vervoer het, na bewering teen ’n hoë spoed aan die verkeerde kant van hul voertuig probeer verbysteek het en bo-oor hul gery het.

In die ongeluk is Ruan se pa, Thys, ernstig beseer.

Hulle het die betrokke oggend na Ladysmith gery om bulle te koop en was op pad na ’n ander plaas naby Vrede om ook ramme te koop.
Mnr. Uys het by die afrit gestaan om af te draai, toe die trok oor hul voertuig gery het.

Ruan en mnr. De Beer het op die toneel gesterf.

Mnr. Andries Greyling, na wie hulle op pad was op Vrede, asook ander boere van Vrede was binne minute op die toneel en het gereël vir hyskrane sodat mnr. Uys na sowat ’n uur en ‘n half uit die voertuig gesny kon word.

Mnr. Uys is in die Hoogland Hospitaal op Bethlehem opgeneem en later dieselfde week ontslaan, waarna sy familie hom na die Kloof Hospitaal in Pretoria geneem het.

Hy is in die intensiewe eenheid van dié hospitaal opgeneem, waar hy vir gebreekte ribbes, ’n kniebesering en ook bloedklonte behandel is.

•’n Strafbare manslag saak word teen die trokdrywer ondersoek. Hy het nog nie in die hof verskyn nie en daarom mag sy naam nie bekend gemaak word nie.

 

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button