News

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

’n Motoris het Vrydag geskok toegekyk hoe ’n groep mans byna ’n vrou met ’n kleuter by haar in die voertuig, probeer kaap het.

Die man (wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly) sê hy was besig om in Meyerstraat te ry, toe die groep op die Meyersbrug van agter af op ’n hoë spoed by hom verbygaan.

Hy het opgemerk dat die voertuig wat hom verbysteek nie ’n nommerplaat agter op die voertuig het nie en dat die insittendes almal glim onderbaadjies gedra het.

Voor hom het ’n vrou gery en net verby die brug het die groep ook by die vrou verby gesteek en skielik dood voor haar gestop.

Sy moes noodgedwonge stop, maar was duidelik bang en het verby gegaan en vinniger begin ry.

Lees ook: Trok met baksteen gegooi – was dit ‘n poging tot kaping?

Die ooggetuie sê hy het gewonder of daar dalk ’n spesifieke optrede is deur ’n eenheid van die polisie en het die Observer gekontak.

Alhoewel daar op daardie tydstip ’n optrede van die Valke was, was dit nie in daardie omgewing nie en het die joernalis hom meegedeel dat dit nie polisielede is nie.

Hy het ook gesien dat die groep van sowat vyf of ses mans, wat haar probeer aftrek het, verbyjaag en haar agtervolg.

By die Renosterweg ingang in Kanonkop, het die vrou afgedraai en by een van die dwarsstrate ingejaag.

Lees ook: Swanger vrou en haar man geskiet naby N4 tolhek

Hy het opgemerk dat die groep ry tot by Renosterweg, waar hulle ’n paar sekondes gestaan en wag het, ’n U-draai gemaak en weer terug gery het in die rigting van Meyersbrug.

“Ek is doodseker hulle het net weer ’n ander slagoffer gaan inwag!”

•Die ooggetuie het vroeg hierdie week teruggebel en gesê dat hy die groep met hul goedkoop glim onderbaadjies oral langs die pad gedurende die naweek tussen Meyersbrug en Renosterweg opgemerk het.

“Hierdie keer was hulle weer met ’n ander voertuig daar. Dit is beslis nie polisiemanne óf verkeer nie, want hulle het gewone klere aan met die klein glimbaadjies. Ek dink hulle trek voertuie af, doen hulle voor as verkeers- of polisiemanne en vra dan omkoopgeld!”

•Die joernalis het Vrydagmiddag noodgroepe van die voorval in kennis gestel, maar hulle kon nie enige voertuig, wat die beskrywing pas, in die omgewing vind nie.

•Daar is onlangs reeds ’n kriminele klagte teen van dié mense, gelê, wat na bewering ’n motoris aangerand het.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button