News

Haweloses die teiken van sadiste

Dit is nie net in Pretoria en Oos Londen waar haweloses in vrees leef nie. Middelburg se haweloses is ook gereeld die teiken van sadiste.

Plaaslike haweloses meen dat hulle gereeld aangerand word. Toegeswelde oë, velle wat nerfaf is en blou kolle is ’n algemene gesig as jy na die mense op straat kyk.

Haweloses het vertel van ’n groep jong mans wat na hulle soek terwyl hulle slaap en hulle dan aanrand. Hulle vermy om die rede sekere areas in die dorp.

Daar is ook vertel van sadistiese inwoners wat die haweloses gebruik om siek seksspeletjies te speel in ruil vir geld. Veral dwelmslawe word glo op die manier misbruik omdat hulle desperaat is vir geld.

Lees ook: Die uitgeworpenes – Middelburg se haweloses praat oor swaarkry, hul drome en die lewe op straat

Minstens twee haweloses is ook grusaam hier vermoor in afgelope jare.

Die liggaam van ’n bekende hawelose man is langs die Klein Olifantsrivier waar hy geslaap het, gevind. Willem Janse van Rensburg se arm was afgekap. Daar was ook merke aan sy nek en torso wat dui dat hy moontlik verwurg is voor sy dood.

Heloise Perrow se vermikte liggaam is in ’n poel water tussen Mineralia en Groenkol gekry. Beide haar bene en een van haar arms was afgekap. Haar kop was vergruis, sy is met ’n jaggeweer geskiet en verbrand.

Lees ook: VIDEO: Help Middelburg se sop-kombuis engele – saam met elke koppie sop ’n bietjie hoop

Nie een van die moorde is tot op hede opgelos nie.

Plaaslike weldoeners Janine Olivier en Rozllin Cousins spook hard om ’n huis of gebou te kry waar hulle ’n skuiling vir haweloses kan stig.

“Dit is al hoe hierdie mense snags sal kan veilig wees. As hulle ’n plek het waar hulle kan kom vir ’n warm bad, ’n bord kos en ’n veilige slaapplek sonder dat hulle met een oog oop moet slaap,” sê me. Olivier.

• Daar is vrese van ’n reeksmoordenaar in Pretoria nadat vyf mans op soortegelyke wyse in dieselfde area vermoor is. Agt haweloses is in 2015 in Oos Londen vermoor. Die moorde is nooit opgelos nie.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button