News

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Wanneer die president van die land swyg oor wrede plaasmoorde en aanvalle, is dit seker nie verbasend dat vermeende plaasaanvallers net R500 borg kry nie!

Vier van die vyf verdagtes, wat kort na die plaasaanval by die Kruger-gesin in Toitskraal, gearresteer is, is uit op borg.

Die Krugers is op 13 April aangeval. Mnr. Gert Kruger (81) is met ‘n koevoet toegetakel. Daar is op sy dogter, Marietjie, geskiet, maar sy is gelukkig nie getref nie. Sy vrou, Rita en dogter is nie in die aanval beseer nie.

Mishack Dhavaa, Patrick Tsetsi Moima, William Rasta Makobe, Robert Tshabalala en Vuzi Sithole het in die Groblersdal Landdroshof verskyn op klagtes van huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Buiten Makobe, het al die ander borg van R500 elk gekry.

Verskeie boere het die hofsitting bygewoon om die Kruger-gesin te ondersteun en die borg teen te staan.

Lees ook: Toitskraal boer in hospitaal na plaasaanval

Die boere en Groblersdal Landelike Veiligheid is bekommerd dat die verdagtes sal vlug en nie hul volgende hofdatums sal bywoon nie.

Hulle bekommernisse volg na talle verdagtes wat by plaasaanvalle borg gekry het en net nie opgedaag het vir hul volgende verskynings nie.
Alhoewel lasbriewe vir hul arrestasie uitgereik is, is daar nooit weer van die verdagtes gehoor nie.

Dit veroorsaak dat van die sake na jare steeds nie opgelos is nie soos die plaasaanval op mnr. Herman Botha.

Lees ook: Rowers hou aan skiet tydens plaasaanval

Mnr. Botha is op 6 Augustus 2017 dood nadat hy en sy familie op hul plaas op die Groblersdal-Middelburgpad deur agt mans oorval is.

Vier verdagtes het op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede vir dié voorval in die hof verskyn, waarna borg van R1 000 elk toegestaan is.

Die gemeenskap was later geskok nadat dit bekend geword het dat een van die verdagtes betrokke was by die plaasaanval op 6 Februarie 2018 op die plaas van me. Wilma Liebenberg. Hy is tydens dié plaasaanval doodgeskiet.

Die boere se vrese is op 9 April 2018 bewaarheid toe net twee van die verdagtes vir hul hofverrigtinge opgedaag het. Dit het veroorsaak dat die saak tot vandag toe nog nie afgehandel is nie.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button