News

Klasmaats geskok oor gru-dood

Leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen, wat in 1993 matrikuleer het, was geskok om te hoor van ’n mede-klasmaat, wat by sy plaashek met ’n piksteel oor die lyf en kop aangerand is, voordat hy aan die brand gesteek is.

Mnr. Johan Pretorius (44), of Sarel soos sy mede oud-Ben Viljoen skoolmaats hom geken het, se verkoolde liggaam is langs sy uitgebrande bakkie naby Nigel gekry.

Volgens kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, het mnr. Pretorius by die plaashek stilgehou, toe hy met ’n piksteel aangeval is.
Die piksteel, waarmee hy verskeie kere geslaan is, is saam met sy bril, selfoon en sy skoen op die toneel gevind.

Volgens persone op toneel, het die aanvallers moontlik vir mnr. Pretorius by die plaashek gewag, aangesien die hek met draad vasgebind was om te verseker dat hy uit sy bakkie moes klim om dit oop te maak.

Lees ook: Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Die familie van mnr. Pretorius het aan verskeie mediabronne gesê dat hul nie glo dat dit ’n plaasaanval was nie, maar dat hy “koelbloedig vermoor” is.
Alles wat waardevol was, is aan die brand gesteek. Nie eens mnr. Pretorius se selfoon is gevat nie.

Me. Karen Cronje néé Eksteen, ’n oud-leerling van Hoërskool Ben Viljoen en klasmaat van mnr. Pretorius, sê dat sy nog voor verlede week met hom gepraat het, waarna hy bevestig het dat hy die 1993 matriekgroep van Ben Viljoen sal sien by hul 30 jaar reünie wat in 2023 gehou sal word.

“Hy het nog gespog oor sy pragtige dogter en gesê dat hy nie kan wag om sy matriekgroep aan haar voor te stel nie,” sê me. Cronje.

Mnr. Pretorius het die 1993 matriekgroep se 20 jaar reünie in 2013 in Groblersdal bygewoon, maar het ongelukkig die 25 jaar reünie, wat verlede jaar aangebied is, gemis weens iets wat voorgeval het. Hy het egter aan me. Cronje, wat die 30 jaar reünie reël, gesê dat hy die 30 jaar reünie wil bywoon.

Mnr. Pretorius word deur sy klasmaats beskryf as ’n “teruggetrokke, saggeaarde mens met ’n goeie hart”.
Sy klasmaats het die volgende boodskappe gestuur:

Me. Karen Cronje néé Eksteen:

“Ai, Sarel, mens wil eerder nie dink aan wat gebeur het nie. Jou plekkie is nou leeg. Sal jou altyd onthou met jou skaam glimlag en jy het altyd so maklik gebloos. Vriendelikheid was jou wagwoord en jy het altyd uitgestaan om almal te groet.

Lees ook: Rowers hou aan skiet tydens plaasaanval

Jy gaan verseker gemis word, veral by die volgende byeenkoms waaroor ons nou die dag nog gesels het. Baie sterkte aan Kobie en liefiekind wat ’n wonderlike man en pappa verloor het. Rus in vrede.”

Me. Natasha Ferreira (Rossouw):

“Ou Sarel, soos ons hom genoem het, was die dierbaarste outjie gewees. Hy het altyd geglimlag of jou as persoon laat glimlag. Partykeer het jy maar geduldig gesit en wag tot hy sy sinnetjie kon voltooi, omdat hy van tyd tot tyd gehakkel het.

Hy was nooit stout nie, daar is nie een keer wat ek kan onthou dat die onderwysers ooit met hom geraas het nie. Hy altyd so lekker uit sy maag uit gelag en dit was so aansteeklik gewees.

Met ons 20 jaar reünie in 2013 was hy en Kobie daar, die klein mannetjie het sommer toe groot geword. Toe hy my groet en vir my sê dis Sarel het ek amper op my rug geval van hoe groot sterk man hy geword het. Rus sag ou Sarel.”

Danie Neethling:

“Ou Stoorsie, soos ek hom genoem het, alhoewel ons kontak verloor het vir ’n paar jaar, het ek nog gereeld geskinder van jou. Ons hele familie was geskok oor die nuus van jou afsterwe. My ma was in trane. Jy was ’n groot vriend en ’n goeie mens. Rus in vrede my maat.”

 

 

 

 

Lees ook:

Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers

Haweloses die teiken van sadiste

Mans in glimbaadjies agtervolg vrou

 

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button