News

Haweloses vlug en gaan skuil in berugte Pienk Huis

’n Groep van nege hawelose mense bly tans saam in die berugte “Pienk Framestraat Huis”.

Me. Janine Olivier (van die “Reason to Believe” organisasie) sê sy vat elke dag vir hulle brood, “dat hulle net iets te ete het. Dit is al wat ek op hierdie stadium vir hulle kan gee.”

’n Paar van hulle was deel van die hawelose groep, wat eers by die Kees Taljaard Stadion en later na ’n plek van veiligheid geskuif het.
Van hulle het gekla en gesê dit is “soos ’n tronk”.

Me. Rehana Pilodia (voorsitter van die Middelburg Gemeenskapspolisiëringsforum) sê sy weet van die paar haweloses wat weggeloop het.

“Hulle het pille gevat, fyn gekou en dan gemaak of daar skuim by hul monde uitkom, om kliniek of hospitaal toe te kan gaan, om weg te loop.”
Sy sê die meeste is dwelmverslaafdes, wat terug strate toe is vir hul dwelmgewoontes.

“Hulle mag egter nie in die strate in hierdie tyd van die grendelstaat rondbeweeg nie.”

Me. Olivier sê sy wéét van die mense by die “Pienk Huis”, waar daar geen krag of waterfasiliteite is nie, is óf dwelm, óf drankverslaafdes. Sy en haar verloofde, Wynand Blignaut, kyk egter verby hul verslawings en sien net mense wat honger is.

“Dit bly mense, mense wat kos nodig het. Hoekom word daar van hulle vergeet in hierdie tyd?”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button