News

Wat de eier?! En waarom staan jy op jou hande?

Hoekom sluk almal skielik eiers, suiker en drank?

Videos van mense wat aan rou eiers wurg, dan suiker soos ’n perd kou en laastens die hele gedoente met ’n sopie afsluk, maak nou oral hul verskyning. Die #EggChallenge video’s is oral op sosiale media platforms te sien.

In die uitdaging moet jy ’n rou eier, suiker en ’n skoot drank afsluk.

Soos te siene op baie van die video’s sukkel sommige deelnemers om daai rou eier gesluk te kry.

https://www.facebook.com/the9thday/videos/215428443079986/?v=215428443079986&external_log_id=f681d1f1ea80e081faf8735a3986e126&q=egg%20challenge

Die oorsprong van die uitdaging is onduidelik, maar dit blyk ’n Suid-Afrikaanse ding te wees. Daar is bewerings dat dit gedoen word uit verveeldheid wat met die inperkingsperiode gepaard gaan, terwyl ander meen dat die eier uitdaging met die afgelope Paasfeestyd te doen het.

’n Rou eier is propvol waardevolle voedingstowwe maar kan ook gevaarlik wees omdat dit bakterieë kan bevat, soos samonella, wat jou baie siek kan maak. (Onthou die eier kom uit dieselfde plek as waaruit ’n hen se mis vandaan kom.)

Verskeie mense het ook hul misnoeë uitgespreek omdat hulle meen dat dit ’n mors van waardevolle kos is in ’n tyd wanneer daar baie mense sonder kos sit.

• Daar is ander uitdagings wat ook die rondte op sosiale media doen soos die #HandstandShirtChallenge.

Deelnemers staan op hul hande met hul bene teen die muur en moet dan met een hand ’n hemp aan of uit trek.

Nog ’n uitdaging was die Koala Challenge waartydens een maat (gewoonlik die sterkste een) soos ’n boom staan, terwyl die ander een bo-oor jou skouers en weer onder deur jou bene moet klim, sonder om aan die grond te raak.

https://www.facebook.com/engela.vanbiljon.98/videos/pcb.3136843939874606/3136843146541352/?type=3&theater

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button