News

Die kinderkuns uitdaging

In ons tydperk van afsondering, is daar baie uitdagings wat op sosiale media versprei word, van eiers sluk tot kinderfoto's deel, en een van Middelburg se jong inwoners bring vir jou nog een!

Claudia van der Merwe (7), het besluit om kreatief te raak tydens die afsondering, en hoewel mamma en pappa nie daarvan hou as ons op hulle mure verf nie, het Claudia haar ouers se toestemming gekry om op hulle huis se vensters te verf!

Claudia maak gebruik van gewone waterverf, wat maklik afwas. Daarmee, verf sy die mooiste boodskappies op hulle huisvensters, sodat die hele wêreld dit kan sien.

Claudia daag al haar maatjies uit, om met hulle ouers se toestemming, die selfde te doen. Claudia wil bewusmaking skep onder inwoners, dat ons die lelike koronavirus kan bekamp, deur by die huis te bly.

Dit maak ook nie saak wat jy verf of waarop jy verf nie, maar as jy lekker prentjies teken of verf, deel graag jou foto’s met ons, en dan plaas ons dit op ons webwerf by www.mobserver.co.za.

Stuur foto’s van jou kunswerk per e-pos na sjani@mobserver.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button