News

Bejaardes voel uitgelewer en magteloos

St Josephs Tehuis vir Bejaardes het gebuk gegaan onder ’n vlaag misdaad sedert die inperkingsperiode.

Nota: Nadat die oorspronklike berig gepubliseer is, is dit verander om die nuutste stand van sake te refklekteer. 

Volgens die tehuis se bestuurder, Colleen Lamprecht, het dit verlede week begin toe ’n booswig oor die muur van die Middelburg Heights woonstelle gespring het en ’n suster se karbattery uit haar motor gesteel het. Later dieselfde dag het die diewe weer ’n draai by die tehuis gemaak en ’n kragopwekker se batterye gesteel.

Die afgelope naweek het ’n dief weer van Middelburg Heights af oor die muur gespring en probeer om twee veiligheidshekke by een van die woonstelle af te breek. Hy het toe die woonstel se venster gebreek en met ’n skootrekenaar gevlug.

Ooggetuies het gesien hoe sy makker aan die anderkant van die muur, aan die woonstelblok se kant, vir hom staan en wag.

Me. Lamprecht sê dat die tehuis baie skade gekry het met die haelstorm op die eerste dag van die inperking. Dit het die kompleks se elektriese omheining beskadig en verskeie vensters uitgeslaan, wat steeds nie almal herstel kon word nie omdat hulle sukkel om glas in die hande te kry.

Me. Lamprecht sê dat hulle hul alarmmaatskappy versoek het om patrollies te kom doen terwyl die heining buite werking was maar dat dit nooit gedoen is nie. Die polisie het bejaardes aangeraai om nie die booswigte wat inbreek te konfronteer nie, omdat hulle heel moontlik dwelmverslaafdes is wat onvoorspelbaar kan optree.

“Ons bejaardes voel uitgelewer en magteloos,” het sy gesê.

• Die elektriese heining is intussen herstel en die alarmmaatskappy het ook nou aangedui dat hulle uurlikse patrollies sal doen by die tehuis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button