News

Moenie tou opgooi nie! Middelburg beraders bied hulp aan

“Ek sien geen toekoms vir my nie, dit sal beter wees om my lewe te neem,” het ’n karwag teenoor ’n inwoner gedreig.

Dit is duidelik dat die inperkingsdruk op emosionele vlak al meer aan mense begin knaag. Maar waar is daar hulp?

Magda Jochimsen het in ’n skrywe aan www.mobserver.co.za gevra of daar beraders of sielkundiges is wat bereid sal wees om hul dienste gratis aan te bied, om inwoners by te staan nie.

Pastoor Callie Joubert, polisie kapelaan, sê hy het ‘n spesiale permit om uit te ry na noodgevalle, maar is nog nie tydens die inperkingsperiode uitgeroep nie. Hy vermoed dat mense nog nie op die punt is wat hulle noodgedwonge met iemand moet praat nie en nog probeer om alles self te hanteer.

Middelburg Polisiestasie het wel beradingsfasiliteite. Hy kan ook mense in sielkundige nood oor die foon bystaan of uitry na hulle toe in noodgevalle.

Ronel Badenhorst, ‘n gekwalifiseerde berader, het ook haar dienste aangebied. Sy kan mense oor die foon bystaan.

Past. Danie de Kock van Corpus Christi, sê dat hulle ‘n hulplyn op die been gebring het om mense in nood by te staan.

• Die Corpus Christi hulplyn is 079 181 9193 en is vir alle inwoners beskikbaar. Die nommer word na ‘n lid van die beradingspan se foon herlei en is 24 uur ‘n dag beskikbaar.
• Past. Joubert kan gekontak word by 082 566 6935.
• Me. Badenhorst kan gekontak word by 078 457 4501.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button