Mid Hartklop se geelstrik uitdaging
Dit kan net in geskiedkundige tye gebeur dat ’n geelstrik wat hang om iemand se hek, ’n teken is van hongersnood.
Maar geel is ’n vrolike kleur. Die kleur van die son wat skyn vir nog ’n dag. En hoewel ons lewe in ’n tyd van hongersnood, is die geelstrik ook ’n teken van hoop.
Die Mid Hartklop organisasie, wat in Middelburg bekend is vir die liefdadigheidswerk wat hulle doen onder gesinne wat behoeftig is, is besig om families wat sonder inkomste is danksy die grendelstaat, te voorsien van kosskenkings.
Mid Hartklop voorsitter, Lizette de Bruin, sê dat die syfer van gesinne wat deur die organisasie ondersteun word, in hierdie tydperk gestyg het na 349.
Mid Hartklop doen ’n beroep op die gemeenskap, om saam te staan, aangesien die organisasie sukkel om by te hou met voorraad.
Die Geelstrik Uitdaging is aan die gang gesit, en inwoners word gevra om ’n donasie van R100 te maak aan die organisasie.
Me. De Bruin sê dat Mid Hartklop ’n geregistreerde NPO is, wie se boeke oop is vir die publiek.
Die Mid Hartklop Organisasie het aangesluit by Feed A Child se databasis, wat duplikasie van kosskenkings onder sekere gesinne beheer.
Gemeenskapslede wat bereid is om donasies te maak aan die organisasie, kan die fondse oorbetaal in die volgende rekening:
Mid Hartklop NPO
FNB Business Account
Account number: 62807876399
Branch Code: 210408
Swift Code: FIRNZAJJ
Verwysing: Naam en van van skenker asook die naam, Lizette.
Bewys van betaling kan per e-pos gestuur word na adel.stone@gmail.com of geWhatsApp word na 082 576 9430.
